Aan alle jagters en jagsters.
Kyk as julle nou wil lekker jag soos in die vamelee dae julle weet daai dae,dan moet julle die plek probeer! Dis in Thabazimbi.Daar kan n mens nog trofees skiet sonder om trofee pryse te betaal. Kudu bulle R3000
koeie R2000
Bosbok ram R800!!!!!!!!!!!
ooie R600
Rooibok ram R650
ooie R550
Vlakvarke R450 (bietjie roffff)
Bosvark R500
Jagter R200
Roofkyker R150
Dis die pryse en so ver ek weet gaan die pryse die jaar die selfde bly.Dis nie n lodge nie kerels,maar een ding is verseker daar is mooi bosbokke groot varke en 57''+ kudu's.Die plaas word nie ge stock nie so dit wat daar is-is maar daar.Maar vir my verseker die moeite werd.Daar loop ook van die oom se beeste en boerbokke op die plaas maar wat is nou nie lekkerder as om heeldag n ding te bekruip en dan uit te vind dat dit al die tyd n bees was nie!!!!Lol!!! So besluit maar en laat weet my.Ek kanie wag vir die winter nie.As die dae merkbaar korter raak en die nagte langer beteken dit net een ding,die jag tyd kom nader! Ek kanie wag nie,ek is soos n kind op kersaand 5 min voor die persente uit gedeel word! Groetnis Bospap.