Ek wil graag weet of daar iemand op Hunters network is wat 'n Jag plaas in die Lae veld het, of wat dalk vir my 'n kontak het.
Ons stel belang om vir 9 dae so 'n Jagplaas uit te huur, moet 20 mense kan slaap. Daar sal so ongeveer 5 jagters wees van die 20 wat gaan.
Ons kyk na 'n min of meer prys van R150 per kop, per aand kos en drank uitgesluit. Ons is nog nie seker of ons self die kos sal voorsien nie. Maar 'n prys op kos sal waardeer word met 'n uit eensetting van wat dit sal behels.
Ons sal ook 3 bediendes volteids wil he, teen extra koste natuurlik.
Ons wil enige tyd van die 1st tot die 25 ste Augustus die plek he vir 9 dae.
Ons wil vlieg van JHB int na Hoedspruit en van daar na die plaas toe kan ry.
Indien enige iemand vir my meer inligting kan stuur sal ek dit baie waardeer. Ek bly tans in Muscat, en dit is noggal moeilik om so iets van hier te reel.
Mail my gerus by azelenewilliams@gmail.com of reply op my blog entry.
Groete
Azelene
Ek het reg gekom met 'n plek dankie.
http://www.bushriversafaris.co.za/index.php